Italiaanse Liga party kan miljoene verloor

’n Italiaanse hof het beveel dat miljoene euro in besit van die nasionalisties Liga party, wat deel is van die koalisieregering van die land, moontlik gevries kan word.

Minister Matteo Salvini, die leier van die Liga, sê dat die bedrog waarna verwys word binne die party geledere, is nou hoogstens van historiese belang.

Matteo Salvini, dien tans as adjunkpremier van Italië en het die moontlikheid dat  €49 miljoen van die party gevries kan word, ontken en gesê dit is nie meer ter sake nie.

Hy het aan die media gesê die aangeleentheid is nie van belang nie aangesien dit ’n voorval van sowat nege jaar gelede is waarna verwys word.

Hy het die verduideliking gegee nadat hy verlede Vrydag in ’n hof in Rome verskyn het oor eise wat teen sy party ingestel is.

Hy sê as daar magte is wat wil poog om die party te vernietig, moet hulle voortgaan, maar hy en sy kollegas dryf politiek en het duisende Italiaanse kiesers wat agter hulle staan.

Die aangeleentheid gaan oor die bedrag geld wat weggeraak het uit die party se bankrekening, en nooit gevind kon word, of bepaal is wie daarvoor verantwoordelik is nie.

Foto – Minister Matteo Salvini