Hongarye soek regse ondersteuning

Die konserwatiewe eerste minister van Hongarye, Viktor Orban, het ’n erge nederlaag gely toe die Europese Parlement ten gunste van die instel van swaar strafmaatreëls gestem het wat die land ernstig kan benadeel.

In die stemming was dit slegs Italië en die Duitse deelstaat Bavaria wat Hongarye ondersteun het saam met die Oos-Europese state en sodoende verhoed het dat ’n tweederde meerderheid verkry is.

’n Ondersteuner uit die oos-Europese lande het gesê premier Orban moet nie te ontsteld wees nie, aangesien die verkiesing van die Europese Parlement volgende jaar gehou word, en “dan gooi ons al hierdie linkses uit”.

Nasionalistiese leiers in die verskillende Europese lande word nou genader om ’n strategie te bepaal vir die parlementêre verkiesing  van 2019, en premier Viktor Orban sal sekerlik sy bydrae lewer om die EU se samestelling te probeer verander.