Hernude opstandigheid in Duitsland

In die konserwatiewe Saksiese stad Chemnitz in Duitsland het hernude onrus opgevlam toe duisende mense in ’n massa optog teen die immigrasie politiek van kanselier Angela Merkel beswaar aangeteken het.

Dit volg nadat ’n onwettige immigrant meer as ’n week gelede ’n 35-jarige Duitser met ’n mes aangeval het nadat hulle handgemeen geraak het.

Die jong Duitser het op die toneel beswyk, en die stad se inwoners het die een na die ander optog gehou om hulle ontevredenheid te kenne te gee teen die immigrante beleid van Angela Merkel.

Aanvanklik het ’n klompie linkses probeer om die optog te stuit, wat gelei het tot gevegte en moes die klompie later op die vlug slaan, maar die plaaslike polisie se pogings om die ontevredenheid van optoggangers te stop, het klaaglik misluk.

Kanselier Merkel het in ’n verklaring gesê Duitsland sal nie toelaat dat sulke voorvalle voortduur nie, maar politieke ontleders sê daar is te veel gevalle van geweld wat die teendeel bewys.

Die minister van binnelandse sake, Heiko Maas, het later gesê Duitsland het die plig om sulke voorvalle te stop deur die korrekte optrede te volg.