Gewapende roof uit die binnekring

Dit blyk dat meeste van die gewapende rooftogte en inbrake geskied weens inligting vanuit instansies se kantore of selfs van die werknemers.

Misdaadstatistiek toon dat besighede in die land deurloop onder 55 gewapende rooftogte en 195 inbrake per dag. As dit vermenigvuldig word met die aantal werksdae per jaar, verskyn verstommende syfers rakende ernstige ekonomiese misdade.

Werkers in die sekuriteitsektor behoort volgens misdaad kenners beter gekeur te word om te voorkom dat misdadige elemente die sektor betree.