Geskors maar werk nog steeds

Die ANC het die lede van die taakspan van Noordwes aangekondig wat die ontbinde provinsiale uitvoerende komitee (PUK) se plek moet inneem en die veelvuldige probleme in die provinsie moet uitstryk.

Die hoofargitek van die mislukte PUK se werk, Supra Mahumapelo (foto), is ook op die taakspan. Dus die “afgedankte” of “self-bedankte” premier kry weereens kans om insette te lewer in ‘n span van 32 lede.

Politieke ontleders glo hier kom nog ‘n soustrein wat onder toesig van agt senior lede van die ANC hul werk moet doen.