Gas lekkasie in VSA saai verwoesting

Al die inwoners van die drie Amerikaanse stede, North Andover, Lawrence en Andover in die deelstaat Massachusetts, moes uit hulle woonhuise vlug vanweë ’n groot gaslek in die gas voorsienings pyp.

In die drie stede staan tientalle woonhuise in ligte laaie, en die vrees bestaan dat nog baie huise vernietig kan word.

Gas ontploffings het voorgekom ’n minstens een 18-jarige seun het omgekom en vier gevalle is aangemeld van mense wat brandwonde opgedoen het en tans hosppitaal behandeling ontvang.

Joseph Solomon, polisiehoof, sê die gebied met sy 150 000 mense het reeds meer as 110 woonhuise wat brand, en die brandweer sukkel om die verterende vlamme te blus.

Die polisie sê sowat 40 voorvalle is reeds aangemeld van gas ontploffings, en enkele ure later is berig dat meer as 70 ontploffings plaasgevind het.

Brandweer personeel is uit die hele gebied opgeroep om behulpsaam te wees ten einde te voorkom dat die brande nog meer huise vernietig.

Uit voorsorg is die toevoer van elektrisiteit afgesny in die hele gebied en inwoners is versoek om kragpunte as lewendig te hanteer.