Franse wys immigrante weg

Die Franse regering het geweier om ’n vaartuig met onwettige immigrante in sy hawens te ontvang wat herhaalde kere deur Italië geweier is in sy hawens.

Die skip was derhalwe gedwing om na Malta en na Spanje te vaar met sy vrag ongewenste passasiers.

Die Franse regering verwag van die Aquarius 2 skip wat sy immigrante aan die Libiese kus opgepik het, om na enige ander hawe te gaan, maar beslis nie na ’n Franse hawe nie, en veral nie na Marseille se hawe nie.

Die vaartuig wat gebruik word deur SOS Mediterreens en Doktors Sonder Grense het tans 58 passasies aan boord en wag noudat ’n Europese hawe hulle sal toelaat om aan wal te gaan.

Ingevolge die Internasionale Wet, moet onwettige immigrante en asielsoekers by die naaste hawe afgelaai word, wat beteken dat hulle in die hawe van Libië aan wal moet gaan.

Etlike maande gelede het Frankryk hewige kritiek gelewer toe die nasionalistiese regering van Italie die skip weggewys het.