Franse president nog meer ongewild

Slegs ’n jaar nadat die Franse president, Emmanuel Macron, met ’n oorweldigende meerderheid van 66% geseëvier het oor sie nasionalistiese Marine Le Pen se Front Nasionaal, het sy gewildheid tot ’n nuwe laagtepunt gedaal.

Van die 66% steun wat hy in die laaste rondte van die presidentsverkiesing gekry het, is daar nou weinig oor, want sy steun is slegs 29% volgens die jongste peiling.

Die koerant wat die peiling gedoen het, word beskou as een van die knapste in Frankryk, en het verlede jaar in ’n peiling vasgestel dat Macron met 65% meerderheid sal wen.

Die deursnee Franse kiesers beleef die president se beleid as ’n ingesteldheid op die voorspoed van die welgesteldes en die superrykes.

Die huidige laagtepunt in sy gewildheid as president word beskou as die doodsklok vir hom in die volgende presidentsverkiesing wat oor drie jaar gehou word.

Politieke ontleders sê die daling van 34% in die president se gewildheid is ’n laagtepunt en ’n daling van 10% in die afgelope twee maande.

Sy pogings om sosialistiese beleidsrigtings in die Europese Unie in te dra, het klaaglik misluk en EU leiers slaan nie veel ag op sy invloed wat ook skerp taan onder die leiers van lidlande.

Foto President Emmanuel Macron