Filippyne trotseer reuse tifoon

Die owerheid in die Filippynse Eilande het duisende mense aan die kusgebied gewaarsku teen die aantog van ’n massiewe tifoon en gevra dat hulle die gebied moet verlaat.

Die tifoon Mangkhut het Saterdag met swaar reën neerslae en sterk wind begin en die grootste Filippynse eiland bereik, en later ook Hong Kong bereik.

Die owerheid het gebied dat skole gesluit word en kinders huis toe gestuur word, terwyl inwoners ook gereed moet wees om die oorstromings die hoof te bied.

Reddingswerkers en die kuswag is op gereedheid vir die tifoon wat ’n 900 kilometer deursnit het, en ’n sterk wind van tot 300 kilometer per uur verwoesting gesaai.

Die eerste berigte lui dat sowat 30 mense omgekom het maar dat die syfer waarskynlik sal styg wanneer behoorlike opnames gemaak kan word.

Skade aan geboue is reeds aangemeld, maar die omvang van die verwoesting sal eers later bepaal word.