Europa se nasionalistiese vroue leiers

In Europese lande is ’n aantal nasionalistiese vroue wat nie terugdeins vir hulle politieke teenstanders nie, en word hulle van nader geken as staatmakers wat hulle taak met deursettingsvermoë bestuur.

 

Frankryk

In Frankryk is die bekende leier, Marine Le Pen, wat die nasionalistiese Nasionale Beweging lei – ’n party wat voorheen bekend gestaan het as Nasionale Front (NF).

Haar vader was die stigter van NF, maar het die regse beleid te vêr probeer voer en daardeur ongewild geraak, wat Marine as opvolger, die party se naam en beleid meer gematig en aanvaarbaar gemaak het.

Haar party het uitstekend gevaar in die vorige presidentsverkiesing, maar kon nie die mas opkom teen Emmanuel Macron wat as president verkies is nie.

 

Duitsland

In Duitsland is dr. Frauke Petry waarskynlik die mees bekende vrou in die nasionalistiese kamp, en word gerespekteer vir haar sterk standpunt teen die Moslems in die land, maar het verlede jaar die Alternatief vir Duitsland (AfD) verlaat as leier weens haar verskille met die ander partyleiers.

Sy het later in ’n verklaring gesê sy kan haar nie vereenselwig met die ekstremistiese benaderings van die AfD se leiers nie, en sit tans in die Duitse Parlement as ’n onafhanklike parlementslid.

Die tweede vrou in Duitsland, wat steeds betrokke is by die AfD is die minder bekende Alice Weidel wat tans die ondervoorsitter van die party is. Sy is bekend daarvoor dat sy nie huiwer om haar skerp tong te gebruik om die opponente te striem nie.

 

Pole

Die Adjunk Premier van Pole,  Beate Szydlo, is ’n gerespekteerde politieke persoonlikheid onder haar volksgenote, en beklee ook die amp as visevoorsitter van die Poolse volksparty, die Wet en Geregtigheid Party.

Sy het sterk standpunte oor die onwettige immigrante wat in Europa toegelaat word en word deur die linkse media uitgemaak as ’n Nazi ondersteuner.

 

Noorweë

Die nasionalistiese Progresiewe Party van Noorweë word gelei deur Siv Jensen, ’n deurwinterde politieke persoonlikheid wat die regte van die individu hoog aanslaan en glo aan die vryheid wat Noorweërs geniet, maar wat selfs verbreed kan word. Sy beskou die voormalige Britse premier, Margaret Thatcher, as haar politieke held.

 

Italië

Giorgia Meloni is medestigter en leier van die nasionalistiese en konserwatiewe “Broers van Italië” wat ’n lang geskiedenis het van onwrikbare beginsels. Sy het by die “Jeug Front” aangesluit wat ’n vleuel is van die Italiaanse Sosiale Beweging toe sy 15 jaar geword het. Van 2008 tot 2011 was sy minister van jeugsake, en is steeds ’n geëerde dame in die Italiaanse politiek en dien in die huidige nasionalistiese regering van die land.

 

Denemarke

Pia Kjaersgaard is ’n medestigter van die Deense Volksparty wat sy as leier dien sedert 1995 en is bekend vir haar sterk anti-multikulturele beginsels asook haar weerstand teen die EU se immigrasie beleid.

Haar sterk teenkanting teen onwettige immigrante en haar besondere aandeel in die versorging van die senior burgers, maak van haar ’n alom beminde politieke persoonlikheid.

Foto – Marine Le Pen