EU leiers besin oor immigrante krisis

Die 28 leiers van die Europese Unie se lidlande het in Salzburg, Oostenryk, byeengekom om die onwettige immigrante krisis te bespreek en moontlike oplossings te vind.

Die leiers sê die immigrante krisis het ’n slegte uitwerking veroorsaak op die eenheid van die Europese Unie, en moet herstel word deur ’n eensgesinde oplossing te vind.

Voor die vergadering het die EU Raad se president, Donald Tusk, gesê dat vordering gemaak is sedert die Mediterreense aankoms van vreemdelinge in 2015, maar het in gebreke gebly om die vordering aan te dui.

Hy het wel gesê dat minder as 100,000 mense die Europese kus bereik het sonder die nodige dokumentasie in 2018, maar waarnemers sê dit dui op die ernstige probleem van mense wat die land binnekom sonder dokumentasie.

Een van die sake wat aandag geniet, is die voorstel dat die wagte op Europese grens met 10 000 verhoog word om beter beheer toe te pas.

Die immigrante uit Afrika is ook ter sprake aangesien dit in die afgelope maande die grootste bron van kommer is aangesien al meer mense uit Afrika na Europa wil vertrek