Eenvoudige oefening verbeter geheue

Die bekommernis van ’n al swakker wordende geheue na mate die mens ouer word, kan effektief teengewerk word deur daagliks ’n paar eenvoudige oefeninge te doen.

Wetenskaplike toetse het bewys dat die daaglikse oefeninge van 10 minute waar slegs ligte inspanning nodig is, die mens se geheue sal verbeter.

Die bevinding is gemaak deur navorsers wat verbonde is aan die Universiteit van Kalifornië in die Verenigde State van Amerika, en gepubliseer is in die vaktydskrif “Proceedings of the National Academy of Sciences”. 

Die wetenskaplikes beweer dat die ligte liggaamsoefeninge die kommunikasie tussen die verskillende dele van die brein wat verantwoordelik is vir die vorming van nuwe selle in die herinnering gebied.

Die bevinding is gemaak nadat ’n groep van 36 gesonde mense in hulle twintigerjare aan die ondersoek deelgeneem het waartydens die mense daagliks vir 10 minute ’n reeks ligte oefeninge moes doen.

Die deelnemers se geheue word voor en na elke oefening getoets en elke keer is gevind dat die kommunikasie met die geheue van die brein verbeter het.

Mense behoort elke dag vir minstens 10 minute ’n reeks ligte oefeninge te doen, om sodoende te verseker dat die geheue helder en ongeskonde bly, is gesê.