Duitsland vier weer Oktoberfees

Die burgemeester van München, Dieter Reiter, het sy eerste beker bier gedrink om die Duitsers se mees beroemde fees, die Oktoberfees, te open.

Die 185 ste Oktoberfees is begin in München, die hoofstad van Bavaria, toe almal teenwoordig saam met die burgemeester ’n beker bier gelig en toe geledig het.

Die eerste beker bier is egter volgens die Duitse tradisie, aan die deelstaat se premier Markus Söder gegee wat vanjaar vir die eerste keer in die amp die fees bywoon.

Die fees wat sedert 1870 elke jaar gehou is, eindig op 7 Oktober, maar die jongklomp sê dit is ook ’n tyd om te flankeer en dalk net ’n lewensmaat raak te loop.

Nagenoeg 6 miljoen toeriste word in die volgende twee weke by die fees verwag, wat ook ’n goeie ekonomiese inspuiting vir Bavaria is.

’n Beker van die goue voggies kos die feesganger sowat €11.50 per liter, maar die Duitsers sal sorg dat die bierkrane heeltyd oop bly.

Meer as 600 polisie en ongeveer 400 sekuriteit personeel sal heeltyd tussen die skare rondbeweeg om almal te beveilig.