Duitse stad steeds in oproer

Alhoewel die Duitse Intelligensie Agentskap bevind het dat daar goeie rede is om te glo dat verslae wat die lig gesien het, vals inligting verstrek het oor sogenaamde regse aggressie.

’n Video wat wyd versprei is, toon egter dat sogenaamde verregse protesteerders ander mense wat soos nie-Duitsers lyk, weggjaag het en agterna gesit het.

Die president van die Duitse Intelligensie Agentskap, Hans-Georg Maassen, het sy bedenkinge uitgespreek oor verslae waarin beweer word dat sogenaamde regses van die onrusgeteisterde stad, Chemnitz, verantwoordelik was vir die aggressie tenoor vreemdelinge in die land.

Die stad is steeds in oproer oor die jong man van 35 jaar wat deur ’n uitlander met ’n mes aangeval en gedood het, en Duitse kiesers het weer begin met optogte om beswaar aan te teken teen die Merkel-regering wat duisende immigrante ongekontroleerd in die land verwelkom het.

Politieke ontleders sê daar is voldoende bewyse dat die beskuldigings teen regses ’n doelbewuste poging van disinformasie is wat deur linkse groepe versprei word.