Duitse skole wil selfone verbied

Kort nadat Frankryk maatreëls in plek gekry het om leerlinge te verbied om slimfone na die skool te bring, het die eerste klanke ook in Duitsland opgegaan.

Onderwysers in Duitsland ht nou hulle stemme laat hoor en gevra dat maatreëls in plek kom wat leerlinge verbied om slimfone skool toe te bring.

Die Duitse Onderwys Unie het hierby aangesluit en gevra dat ’n verbod geplaas word op slimfone by skole,  en eers op 15 jarige ouderdom toegelaat mag word.

Onderwysers beweer dat die gebruik van slimfone gedurende skool pouse  aangewend word om ander te boelie deur middel van die sosiale netwerke.

Volgens ’n navorsingsverslag wat in 2017 die lig gesien het, besit 88% van Duitse leerlinge in die ouderdomsgroep 12 tot 13 jaar, ’n slimfoon, en in die groep 16 tot 18 jaar, besit 94% ’n slimfoon.

Verskillende navorsingsverslae toon dat die gebruik van slimfone by minderjariges kan lei tot die afwyking in gedragspatrone wat nadelig is vir die leerling, en selfs vir ander leerlinge wat geboelie word.