Dubbelpratery van Spaanse regering

Die sosialistiese minderheidsregering van Spanje het die afgelope naweek bevestig dat Spanje 400 bomme aan Saoedi-Arabië verkoop het, maar dadlik bygevoeg dat dit nie gebruik sal word om kinders te bombardeer nie.

Die Spaanse woordvoerder, Isabel Celaa, het die inligting die naweek bekendgemaak nadat hewige kritiek teen Spanje geopper is toe skoolkinders gedood is in ’n bomaanval in Jemen.

Sy sê die Spaanse regering weet dat die bomme wat gelewer is, minder presisie bomme is wat nie foute soos die vorige geval sal laat gebeur nie, en die verkoop kontrak spesifiseer nie of die bomme teen Jemen gebruik gaan word nie.

Na die bom aanval waartydens 21 skoolkinders in Jemen gedood is, het die Spaanse minister van verdediging, Margarita Robles, gesê Spanje sal nie weer bomme aan Saoedi-Arabië verkoop nie.

Spanje het die afgelope jaar €270 miljoen se militêre toerusting aan Saoedi-Arabië verkoop.

Foto – Isabel Celaa