Die waarheid is uit: SA hoogs onveilig

Die 2018 Global Peace Indeks toon dat SA die gevaarlikste en mees gewelddadige land op die aarde is.

Die indeks wat deur die Instituut vir Ekonomie en Vrede uitgebring is, gebruik drie kategorieë, naamlik militarisering, veiligheid en sekuriteit en internasionale konflik om hul bevindings te staaf.

Volgens vredesstandaarde beklee SA die 125ste plek uit 163 lande, met slegs lande soos Afganistan en Sirië wat slegter vaar as SA.

Twee faktore, naamlik geweldsmisdade en moorde plaas SA in die top posisie in die wêreld.

Ten spyte van pogings van polities korrektes en die linkse media wat wil glo dat Cyril Ramaphosa die oplossing vir die land is, is hy steeds die president van die moordmekka van die wêreld.