Deur my lens

Ek was nie verbaas dat die Kommuniste in Suid-Afrika bekommerd is oor die plaaswerkers se toekoms as Mugabe Nommer Twee die grond by landbouers steel nie.

Want dit is net logies dat duisende werkers nie meer werk sal hê nie, soos wat ou Robert ervaar het in die buurland Zimbabwe.

Of die Kommunistiese party werklik oor die vermoë beskik om na die belange van werkers om te sien, is ’n foefie wat nooit waarheid kan word nie.

Benewens die ernstige te kort aan voedsel wat die land sal ervaar met die stelery van landbougrond, sal kos van elders ingevoer moet word, maar hoe daarvoor betaal gaan word, is ’n ope vraag.

Maar terug by die plaaswerkers. Hulle moet maar die landbouers word, en alhoewel hulle nie eers weet hoe om ’n planter te kalibreer nie, sal hulle seker soos van ouds, probeer saai met ’n sak mielies oor die skouer.

Honger ly is die voorland vir hulle wat nie die duur ingevoerde kos sal kan koop nie, of hulle sal soos altyd, maar moet steel om die pense vol te kry. Die verskil is dat hulle dalk by hulle mede-kommunis wat probeer boer wees, ’n paar maer skape steel.

Plaaswerkers moet maar gereedmaak vir ’n swaar tyd wat kom, want kommuniste is eienaardige wesens as dit kom by ekonomiese sake.

Ek wens plaaswerkers ’n vreugdevolle tyd toe solank as wat hulle nog ’n werk het op ’n hoogs produktiewe plaas wat op ’n stadium nutteloos gaan raak.

Klein Knapie