CVO skool besoek bejaardes

Leerlinge van die CVO Moot het as deel van hul lenteviering die AGS Tehuis vir Bejaardes in Villieria, Pretoria besoek. Die bejaardes kon luister na die helder kinderstemme wat met juf. Ina Swart se klavierbeleiding gesing het: Die liefde van Jesus is wonderbaar; Ek is so bly ek behoort aan Jesus, As Hy weer kom en Die aarde.

Elke bejaarde is verras met blomme, kaartjies en lekkernye. Meeste van die leerlinge het ook spontaan drukkies uitgedeel. Een van die jongste leerlinge is die 5-jarige Carel van der Grijp in Gr. R wat mev. Joan Filmalter trakteer het met van sy geskenke. Carel het daarop aangedring dat hy vir die besoek skoolklere wil dra, alhoewel die voorskoolse kinders eintlik gewone drag dra.