Cholera epidemie tref Harare

Harare, die hoofstad van Zimbabwe, is die middelpunt van ’n Cholera epidemie waar reeds meer as 3 000 gevalle aangemeld is, maar waarmee weinig vordering gemaak word om die pasiënte te genees.

Die Nasionale Gesondheid Organisasie het die regering daarvan beskuldig dat hy staatsgeld aanwend op luukshede in plaas daarvan om eerder om te sien na die gesondheidsdienste in die land.

Die media berig dat 28 mense reeds omgekom het en dat baie meer sal sterf indien daar nie vinnig opgetree gaan word om pasiënte met die nodige sorg te behandel nie.

Die eerste gevalle is reeds vroeg in September aangemeld wat in een van die stad se woonbuurte voorgekom het, en nou het dit in ’n epidemie ontaard  terwyl inwoners en geneeskundige personeel sê dit is nodig dat ’n noodtoestand afgekondig word.