Brexit: My konsep of niks

In ’n televisie onderhoud het die Britse eerste minister, Theresa May, ’n ferm standpunt ingeneem en gesê Brittanje sal ’n ooreenkoms met die EU aangaan soos wat sy dit sien, anders sal daar g’n ooreenkoms wees nie.

Sy se die voorstel om uit die Europese Unie te tree is gereed gemaak, en indien die EU nie daarmee tevrede is nie, is daar geen akkoord nie.

Met die waarskuwing wat gerig is tot die Europese Unie, is Brittanje gereed om oor ses maande uit die liggaam pad te gee te midde van die pro-EU parlementslede in die Konserwatiewe Party.

Later in September reis sy na Salzburg in Oostenryk waar sy die leiers van die Europese Unie ontmoet om hulle te oortuig van haar standpunte oor uittrede.

Die voormalige minister van buitelandse sake in haar kabinet, Boris Johnson, het in ’n koerantberig gesê die eerste minister probeer met die een voet in die EU bly en met die ander in Brittanje, en as dit so gaan bly, is dit ’n “politieke ramp”.

Dit is bekend dat Johnson die premier s grootste kritikus is vanweë haar gematigde, maar ferm standpunt oor die Brexit ooreenkoms, en het hy vroeër uit sy amp as minister bedank wens die verskil met die premier.

Johnson is die voorprater saam met ander parlementslede wat belowe dat ’n geen ooreenkoms Brexit die beste is vir Brittanje en ’n sterk groei op ekonomiese gebied kan daarna verwag word.