Brasilie se nasionaliste wil regeer

Jair Bolsonaro is die nuwe voorloper in Brasilië se verkiesing volgens die jongste meningspeilings.

Die nasionalis is ’n voormalige militaris en werk hard om kiesers te oortuig om weg te breek van die tradisionele politieke maghebbers.

Bolsonaro is die eerste kandidaat wat werklik daarop dui dat hy die verkiesing kan wen, en die verwagting is dat die ondersteuners van die voormalige president, Lula da Silva, wat tans tronkstraf uitdien, ook vir hom sal stem.

Da Silva is egter ’n linksgesinde wat weens verskeie aanklagte in die tronk is en nie mag deelneem aan die verkiesing as kandidaat nie.

Jair Bolsonaro het reeds 22% van die steun volgens die jongste peiling, met die linkse Ciro Gomes in die tweede plek met 12% steun.

Da Silva se Werkersparty het egter ’n ander kandidaat gestel, maar die linkse kandidaat  Fernando Haddad het tot dusver nie goed gevaar nie en het slegs 6% steun volgens die peiling.

Politieke waarnemers wys egter daarop dat sowat 39% van die kiesers nog besluiteloos is, wat die skaal na enige kant kan laat swaai.

Jair Bolsonaro het in sy jongste toespraak voor duisende kiesers gesê dit is tyd om ’n finale breek te maak van die verlede en ’n skoon begin te maak en onder luide applous bygevoeg dat hy met die kiesers se steun die ander politieke leiers gaan wegvee.

Foto – Jair Bolsonaro