Beer veroorsaak chaos in Ottawa

Die Kanadese hoofstad Ottawa was behoorlik in chaos toe ’n swart beer al brullende deur die strate beweeg het en inwoners inderhaas die veiligheid van hulle woonplekke opgesoek het.

Later het die polisie verklaar dat alles wees normaal is en dat die inwoners kan voortgaan met hulle daaglikse roetine.

Die swart bere wat meestal in die oostelike gebiede van Kanada voorkom, is minder aggressief as die bere in die westelike streke van die land.

Die beer is die eerste keer gesien in die vroeë oggendure by die bekende Ottawa Mark wat ’n gewilde plek is waar toeriste gereeld saamkom, en wat naby die nasionale parlementsgebou is.

Die polisie het in groot getalle gemobiliseer en die strate een na die ander afgesper en die beer sodoende “verplig” om ’n roete na buite die stad te neem.

Inwoners het versoek dat die beer liewer met ’n merker toegerus word en daarna vêr weggeneem word om ’n soortgelyke voorval te voorkom.