Argentinië vasgevang in ekonomies krisis

President Mauricio Macri het erken dat Argentinië vasgevang is in ’n ekonomiese krisis en in ’n staat van “uiterste nood” verkeer wat beteken dat grootskaalse besparings ingestel moet word.

Gedurende die afgelope jaar het die land se geldwaarde met die helfte veminder teenoor die Amerikaanse dollar, en nou bevind die regering van die konserwatiewe president Macri hom in ’n knyptang situasie.

Die president het pas aangekondig dat sy regering drastiese maatreëls wil instel om die ekonomie reg te ruk en gesê ’n fundamentele probleem moet aangespreek word,  wat beteken dat geld waaroor die land beskik, nie nou gespandeer moet word sodat dit meehelp om balans te bring in die regering se rekeninge.

Baie mense was ontevrede oor di regering se ooreenkoms met die Internasionale Monitêre Fonds en het in die strate betoog

Die IMF het enkele maande gelede ingestem om Argentinië met $50 miljard lening by te staan, maar dit het die gewone kieser laat protesteer en gesê besparings behoort eerder toegepas te word.

Die IMF heet egter gesê hulle het volle vertroue in die ekonomie van Argentinië en stel die bedrag beskikbaar om die land weer op koers te kry.

Foto – President Macri