Alles of niks

BLF (BlackLandFirst) eis dat alle grond wat in blankes se hande is nou oorgeplaas word in swartes se hande.

Die eis kom van hulle radikale leier, aldus Andile Mngxitama (foto) en hy het dit gemaak tydens die grondwetlike komitee se sitting in die parlement.

Volgens hom moet “alle grond, gebruikte, ongebruikte, produktiewe en onproduktiewe grond aan swartes besorg word insluitend Orania.

Christo van der Rheede van AgriSA erken die vernedering, pyn en ekonomiese lyding wat vorige beleidsrigtings veroorsaak het en is dus ten gunste van grondhervorming.

Boere raak toenemend ongeduldig met Agri SA se herhaaldelike kruipery en verskoning vraery oor gewaande onregte van die verlede.