Absa en die Guptas

Absa het reeds in 2014 die Gupta rekeninge begin bevraagteken toe groot somme geld sonder verduideliking vanaf die Oakbay rekening oorgeplaas is na ander banke.

Absa het na hersiening alle bande met die Guptas verbreek in Desember 2015.

Absa is soos FNB en Standard Bank deur die regerende party genader om die Gupta rekeninge te bespreek en wel deur Gwede Mantashe, Enoch Godongwana, Jesse Duarte en Krish Naidoo. ‘n Versoek deur Mosebenzi Zwane om ‘n ministeriële komitee te ontmoet is van die hand gewys.

Hierdie getuies tydens die staatskaping ondersoek toon dat nie net Jacob Zuma betrokke was by die Guptas se duistere bedrywighede nie maar verskeie kabinetsministers ook. Dit wil voorkom of die verrotting van bo af dwars deur die kabinet geloop het tot by meeste van die staatsentiteite.