Aardbewing skud dele van Japan

Slegs twee dae nadat Japan geteister is met die kragtige tifoon, het die land ook Donderdag ’n aardbewing gehad wat die Hokkaido gebied lamgelê het.

Die noordelike eiland het na die kragtige aardbewing, geen krag of water toevoer gehad in sowat 3 miljoen huishoudings nie.

Japan het intussen sowat 20 000 reddingswerkers gemobiliseer om behulpsaam te weer met die opruiming na die aardbewing wat 6,7 op die Richterskaal gemeet is.

Groot grondverskuiwings en bome wat omgeval en versperrings veroorsaak, het die reddingswerk vertraag en bemoeilik.

Benewens die agt mense wat omgekom het, word 33 mense vermis en minstens 130 het beserings opgedoen.

Hospitale, snelweë en skole is ontwrig deur die aardbewing, en naskokke het gelei tot paniek onder mense wat nie weet of dit moontlik ’n opvolg skudding is nie.