50% Stadsrade se base “ongekwalifiseerd”

Nhlanhla Nene, minister van finansies (foto), het onthul dat meer as die helfte van die land se munisipale bestuurders en hoof finansiële beamptes nie voldoen aan die minimum bevoegdheidskriteria nie.

Op navraag het hy gesê dat slegs 79 van die 218 finansiële beamptes behoorlik gekwalifiseerd is terwyl daar in bykans 40 munisipaliteite vakatures bestaan vir beide die bestuurder en finansiële bestuurders.

Diegene tans in poste gaan 18 maande kans gegee word om die nodige kwalifikasies te verkry.

Waarnemers vra nou hoeveel gemors gaan in die 18 maande plaasvind?