Wêreld Nuusflitse – 3 Augustus

Duitsland

Die 30-jarige wiskundige, Peter Scholze, ontvang die Nobelprys vir Wiskunde en is daarmee slegs die tweede persoon van Duitsland wat die gesogte toekenning ontvang sedert dit die eerste keer in 1936 beskikbaar gestel is.

 

Stille Oseaan

’n kranige swemmer, Ben Lecomte, se poging om die Stille Oseaan deur te swem is verydel toe ’n swaar storm sy opwagting gemaak het wat dit te gevaarlik maak  om in die water te wees.

 

Denemarke

’n Paar honderd mense het in Denemarke aan ’n optog deel te neem om beswaar te maak teen die owerheid se nuwe wet wat die dra van Moslem hooftooisels van vroue in die openbaar verbied.

 

DRK

In die Demokratiese Republiek van die Kongo het die owerheid aangekondig dat ’n nuwe vlaag van Ebola uitgebreek het, maar dit volg slegs enkele dae nadat die owerheid gesê het dat die gevreesde Ebola onder beheer gebring is.