Wêreld Nuusflitse – 29 Augustus

Frankryk

President Emmanuel Macron het in ’n toespraak gesê Europa kan nie langer op die VSA staatmaak en moet nou maatreëls in plek kry om vir sy eie veiligheid te sorg, wat presies is wat president Trump ’n jaar gelede gesê het.

 

Duitsland

Regslui in die Duitse deelstaat Bavaria het in ’n verklaring gesê hulle is van mening dat sekere politici agter tralies hoort weens hulle onverskilligheid teenoor die besoedeling wat mense se lewens bedreig.

 

Oostenryk

Die owerheid in Oostenryk het ’n verbod geplaas teen sogenaamde asielsoekers wie se aansoeke nog onafgehandel is maar reeds een of ander vakleerlingskap wil begin in ’n poging om permanente verblyf te bekom.

 

VSA

Wyle senator John McCain het in ’n laaste boodskap gevra dat president Trump nie welkom sal wees by sy begrafnis nie, en het die twee voormalige presidente teen wie hy verloor het, gevra om teenwoordig te wees. Dit is George W Bush en Barack Obama.

 

Nederland

Vanaf September vanjaar word die ou halogeen gloeilampe verbied en mag winkels dit nie verder aan kliënte verkoop nie. Voortaan sal die “lang lewe” of LED gloeilampe beskikbaar wees.