Wêreld Nuusflitse – 13 Augustus

 

Rusland

Die Minister van Buitelandse Sake in Rusland het die nuwe sanksies wat Amerika teen hom ingestel het weens sy betrokkenheid by die moordpoging op ’n Russiese spioen en sy dogter, as onwettig en onvanpas bestempel.

 

Portugal

Die bosbrande wat reds weke voortduur in Portugal kon nog nie onder beheer gebring word nie ten spyte van hulp wat deur Spanje en Frankryk  gebied word, en meer as 24 000 hektaar is reeds verwoes.

 

Frankryk

Die Franse owerheid het onderneem om van die onwettige immigrante wat die naweek in Spanje aan wal gestap het, in te neem as deel van sy gesindheid tenoor die minderheidsregering wat tans in Spanje regeer.