Walvis treur oor haar kalfie

’n Ma walvis van ’n bedreigde spesie wat deur wetenskaplikes gemoniteer is, het haar kalfie wat slegs dertig minute geleef het, vir dae lank met haar saamgeneem.

Die treurende walvis het haar dooie kalfie vir ses dae by haar gehou waar sy in die noordwestelike Stille Oseaan is.

Die walvis het die kalfie al die tyd met haar neus vorentoe gedruk, klaarblyklik in die hoop dat die kalfie weer daarop sal reageer.

Die merkwaardige is dat ander lede van die walvis groep deurgaans naby aan haar gebly het waar hulle naby die  San Juan Eiland was.

Die spesie word bedreig weens die drastiese vermindering in die visgetalle wat hul natuurlike voedsel is, en die situasie word toegeskryf aan die besoedeling wat talle spesies ter see bedreig.

Die walvis spesie leef tot 40 jaar, maar enkele gevalle is opgeteken waar die seedier byna 100 jaar geword het.