Wag by KNP gevang

‘n Wag wat in diens is van die Kruger Nasionale Park se gewapende tegniese afdeling is gearresteer vir wildstroping.

Die verdagte het saam met drie ander persone die park binnegekom en by nadere ondersoek  is ‘n hoë kaliber geweer, ammunisie en ander toerusting gevind wat verband hou met wildstroping.

Die ander drie verdagtes het egter uit aanhouding ontsnap en is steeds op vrye voet.

Waarnemers wys daarop dat baie misdaad gepleeg word deur of in samewerking met mense van binne, wat die diefstal, bedrog en omkopery inisieer.