Vyf polisiebeamptes gearresteer

Vyf polisiebeamptes is in Vredenburg in die Wes-Kaap gearresteer.

Daar word beweer dat hul vals inligting verskaf het en saamgesweer het met lede van die publiek om dwelms te vervoer. Hul sal vandag in die hof verskyn op aanklagte van die verskaffing van inligting, bedrog, dwelmhandel en korrupsie.

Kenners meen die verrotting in die polisiemag blyk onomkeerbaar te wees. Steeds meer gevalle word bekend van polisiebeamptes wat met misdaad verbind word, en byna weekliks word polisiebeamptes gearresteer. Die vermoede is egter dat dit slegs die oortjies van die seekoei is en dat die probleem in die polisie baie groter is en dat slegs ‘n klein persentasie uitgevang en vervolg word.