VSA wil groot druk op Iran sit

In Amerika is ’n spesiale aksiegroep in die lewe geroep wat as koördineerders sal optree om alle Iran-verwante aktiwiteite te monitor.

Die invloedryke Deutsche Bank en Deutsche Telekom is van die groot maatskappye wat onderneem het om alle sakebedrywighede met Iran te staak in die lig van die VSA se sanksies teen die land.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het bekendgemaak dat die Aksie Groep ten doel het om bykomende diplomatieke en ekonomiese druk in werking te stel teen Iran.

Hy sê die Aksie Groep sal “maksimum druk” as strategie gebruik teen Teheran se negatiewe houding, en sal alle aktiwiteite en gebeure aan hom oordra ten einde te verseker dat die land tot besinning kan kom.

Die optrede volg nadat die VSA besluit het om te onttrek uit die akkoord wat deur Barak Obama aangegaan is met Iran, maar wat glo vol skuiwergate is wat Iran nog toelaat om voort te gaan met kernkrag ontwikkeling.

Volgens kenners kan Iran selfs nog kernwapens en ballistiese missiele vervaardig sonder om di akkoord te skend.

Dit het president Trump laat besluit om eerder te onttrek uit die akkoord, ’n Iran uitgenooi tot ’n gesprek om die bestaande ooreenkoms te hersien, maar Iran het dit minagtend verwerp.