VSA se militêre magsvertoon uitgestel

Alhoewel die Amerikaanse president, Donald Trump, vir strategiese redes vanjaar ’n militêre parade wou hou, het die Pentagon die naweek gesê dit is nie meer moontlik vir vanjaar nie, en sal eers in 2019 gehou kan word.

Alhoewel die militêre parade ter ere van die Amerikaanse oorlogsveterane gehou word, sê kenners dit is terselfdertyd ook ’n magsvertoning wat gehou word.

Die militêre parade sal na raming $80 miljoen meer kos as wat aanvanklik beplan is en is veel meer as die aanvanklike skatting van $12 miljoen.

Dit beteken dat die parade met $92 miljoen sal styg, maar die werklike uitgawe is nie bekendgemaak deur die Minister van Binnelandse Veiligheid nie.

President Trump het aan die begin van vanjaar reeds opdrag gegee dat die Pentagon reëlings in werking moet kry vir die parade, aangesien die laaste parade 25 jaar gelede gehou is.

Klaarblyklik het die Pentagon, wat vir die grootste del van die uitgawe verantwoordelik is, nie begroot daarvoor vir vanjaar nie, en word dit nou beplan vir 2019.