VSA en Meksiko bereik handelsooreenkoms

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat ’n belangrike deurbraak gemaak is tydens ’n ontmoeting met verteenwoordigers van Meksiko.

Volgens die president is ’n moontlikheid van ’n “werklike goeie ooreenkoms” met die buurland aangegaan wat die handel tussen die twee lande sal stimuleer tot beide se voordeel.

In gevolge die ooreenkoms sal die Noord Amerikaanse Vrye Handel Ooreenkoms, (NAFTA) ’n nuwe baadjie kry wat in gebruik geneem sal word.

Die ooreenkoms sluit nie die vorige vennoot Kanada in nie, maar geluide is opgevang dat die regering van Kanada wel belangstel om weer in te koop op die nuwe ooreenkoms.

President Trump sê die twee lande het die handelsooreenkoms aansienlik meer eenvoudig gemaak en hoop om Kanada eersdaags te betrek in die finalisering van ’n nuwe ooreenkoms.

Die Amerikaanse president het egter erken dat onderhandelings met Kanada nie so maklik sal wees nie, maar hoop dat dit wel vrugte sal lewer om met die land in gesprek te tree.

Meksiko was bereid tot onderhandelings vanweë sy kwynende motor vervaardigings industrie nadat die VSA sterk maatreëls ingestel het met sy invoerheffings.

Enkele ure later het die Kanadese premier gese ’n konstruktiewe gesprek met die Amerikaanse president het plaasgevind, wat daarop neerkom dat die die lande waarskynlik ’n hersiene ooreenkoms sal bereik.

Foto – President Donald Trump