Verset bou op teen Aussies se premier

Kort nadat die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull, ’n party verkiesing naelskraap gewen het, het talle ministers en parlementslede van die party in verset gekom teen sy leierskap.

Op die voorpunt van die rebelle is die parlementslid Peter Dutton en hy het die premier reguit gesê dat hy nie meer die steun van die party het nie en eerder moet uittree.

Waarnemers sê die regerende Liberale Party verkeer tans in ’n ernstige leierskap krisis en verskeie parlementslede van die party reken dat premier Turnbull moet bedank.

Intussen het skokgolwe deur die party gegaan toe Mathias Cormann, die Minister van Finansies, gesê het hy is bereid om te bedank as die premier aanbly in sy amp.

Die minister het gesê dit is met hartseer en met swaar harte wat die eerste minister besoek is en hy geadviseer is om eerder die tuig neer te lê aangesien hy nie meer die volle steun van die party het nie.

Hy sê dit is dus nodig dat ’n ordelike oorgang na ’n nuwe leier vir die Liberale Party gereël word omdat dit in belang van die party ’n sy ondersteuners is.

Verskeie parlementslede in die party, waaronder die  Minister van Arbeid en die Minister van Kommunikasie het intussen bekendgemaak dat hulle uit hulle poste bedank.

Minister Dutton het glo geëis dat ’n tweede stemming onder party lede gehou word om ’n nuwe leier aan te wys.

Onbevestigde berigte lui dat ’n tweed stemming van die Liberale Party s parlementslede Vrydag gehou word oor ’n nuwe leier wat ook die nuwe premier sal wees.

Foto – Premier Turnbull