Venezuela stort na benede

’n Kragtige aardbewing wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer het, het die bankrot Venezuela verder verswak en wat honderde mense laat vlug het.

Die skudding was 400 kilometer weg van die hoofstad Caracas, waar talle geboue inmekaar gestort het.

Baie geboue is sodanig beskadig dat dit nie herstel kan word nie, en verskeie hoë geboue sal noodwendig gesloop moet word.

Mense het oor ’n wye gebied uit paniek hulle huise en kantore verlaat uit vrees dat hull onder die puin kan beland.

Die kragtige skudding se kern punt was meer as 20 km diep  en by die noordwestelike stad Yaguaraparo.

Die VSA het gewaarsku dat die aardbewing ook gevaarlike see golwe, gelyk aan ’n kleiner tsoenami kan veroorsaak.

Dit is onseker hoeveel skade veroorsaak is, maar verskeie ooggetuies sê die skade is onberekenbaar groot.

Waarnemers wys daarop dat die land wat tegnies bankrot is te midde van sy ryk oliebronne, nie oor die vermoë beskik om sy skade self te herstel nie, en is besig om na benede te stort.