Veldbrande woed steeds in VSA

Meer as 72,000 hektaar grondoppervlakte is reeds deur die veldbrande in Amerika verwoes, maar die 4,700 gemobiliseerde brandbestryders kon nog nie die verwoestende vlamme onder beheer kry nie.

Tot hede is sowat 48% van die brande onder beheer gebring, maar Kalifornie en omliggende gebiede is steeds in ernstige gevaar terwyl almal hoop dat reën verligting gaan bring.

Sowat 1100 woonhuise, 22 kommersiële geboue en meer as 500 buitegeboue is tot op die grond afgebrand en sal nuwe geboue opgerig moet word.

Te midde hiervan het die vlamme 191 wonings, 25 sakeondernemings se geboue en 65 buitegeboue beskadig terwyl nog 550 geboue in gevaar verkeer om ook verwoes te word.

In die deelstaat Kalifornië woed nog 17 groot brande terwyl groot vliegtuie ook behulpsaam is om saam met talle helikopters in vlugte die water uitlaat oor bosbrande wat oor ’n gebied van bykans 40,000 hektaar woed.

Die ergste brande het in Nevada ontstaan op 13 Julie, en op 25 Julie het brande in die  Yosemite Nasionale Park begin, en sedertdien kon al die vure net nie onder beheer gebring word nie en is meer as 2,500 hektaar in die natuur reservaat vernietig.