Tulbagh speurder kantore chaos

Volgens bronne is die Tulbagh SAP speurder gebou onlangs afgebrand en alle dossiere en inhoud van die kantore is vernietig.

Tans het die speurders net toegang tot een rekenaar en geen afdruk fasiliteite nie.  Beloftes dat die probleem aangespreek sal word bly by leë beloftes. Speurders word getaak om ‘n in ‘n sekere tyd sake af te handel maar weens onbevoegde personeel word sake soos besit van drank en huismoles aangemeld terwyl ernstige sake oorgelaat word aan die “ervare” personeel.