Trump vol lof vir Italiaanse regering

President Donald Trump van Amerika het die Italiaanse premier, Giuseppe Conte, die afgelope Maandag in die Wit Huis ontvang, en die nuut verkose Eerste Minister geprys vir sy standvastigheid ten opsigte van immigrasie.

Beide leiers is sterk gekant teen die instroming van vreemdelinge na hulle lande en het ook die onderwerp bespreek tydens die ontmoeting.

President Trump het later daarop gewys dat beide leiers gedurende hulle verkiesingsveldtog onderneem het om die immigrasie te stop, en dit is presies wat hulle nou doen om hul verkiesingsbelofte na te kom.

Die vorige regering in Italië het toegelaat dat meer as 650,000 onwettige immigrante die land binnekom om daarvandaan oor die res van Europa ingedeel te word.

Die konserwatiewe regering van Eerste Minister Giuseppe Conte het egter sy belofte aan kiesers nagekom en die hawens gesluit vir die onwelkome mense uit Afrika en die Midde-Ooste.

President Trump het die premier gelukgewens met sy beleid oor immigrante en gesê dit is ook soos wat hy dit in die VSA toepas.

Foto – Premier Giuseppe Conte en President Trump