Trump vernietig Obama klimaat-plan

Barack Obama se “klimaatplan,” wat bekend staan as “Clean Power Plan”, is deur president Donald Trump nek omgedraai deur die gebruik van steenkool verder toe te laat.

Trump het voldoen aan die steenkool sektor  en daarmee die Obama plan van die tafel gevee terwyl die linkse Demokratiese Party hewig beswaar maak.

Die Demokrate sê die grootste stryd wat deur die mensdom aangepak word is juis om klimaatsverandering teen te werk, maar die president werk daarteen.

Die Barack Obama plan het glo ten doel om die koolstof vrylating te verminder, maar die voortgaan met steenkool kragsentrales wat Trump goedgekeur het, word die vrylating van koolstof gasse nie ingeperk nie.

Die beskuldiging word gemaak dat die Republikeine met president Trump op die voorpunt, nie deel vorm van die stryd teen die gebruik van steenkool nie.

Verslae toon egter dat die Obama Plan nie ’n noemenswaardige verandering teweeggebring het in die vrystelling van CO2 nie, en dit vorm deel van die verklaring waarom die Trump administrasie onttrek het uit die Klimaatsverandering projek wat in Parys van stapel gestuur is.

Foto – Barack Obama