Trump is aan die wenkant

Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om die invoertariewe op Sjinese produkte verder te verhoog na 25% wat van toepassing sal wees op 200 miljard dollar se goedere is.

Die president het vroeër aangekondig dat ’n heffing van 10% op die Sjinese produkte is wat nou verhoog gaan word om die handelsoorlog nog verder te voer.

President Trump het etlike maande gelede die Sjinese en ander Asiatiese lande daarvan beskuldig dat hulle “oneerlike handelspraktyke” het tot nadeel van die VSA en daarom besluit om die invoertariewe in te stel om die speelveld gelyk te kry.

Kenners wys daarop dar die sterk ekonomie van Amerika die hoofrede is waarom hy besig is om die handelsoorlog te wen.

Sedert Donald Trump die president van di VSA is, het die ekonomie aansienlik versterk, en is die groeikoers bo 4,1% en is daar feitlik geen werkloses in die land nie.

Hierteenoor sukkel die Sjinese met ’n ekonomie wat veroorsaak dat hulle nou hulle vervaardiging moet verskuif na ander lande om die VSA se invoerbelasting te ontduik, maar dit lei tot nog groter werkloosheid in Sjina.

Ekonome sê dit is baie duidelik dat president Trump se ekonomiese raadgewers hom goed bygestaan het en deeglike huiswerk gedoen het wat die Sjinese se ekonomie ’n harde knou gee.