Tienerseun breek in op Apple

’n Tienerseun van Australië het oornag ’n kuberkraker status bekom toe hy daarin geslaag het om in te breek op die hoofraam van die Apple maatskappy.

Die rekenaar reus van Kalifornië het egter dadelik sy kliënte daarvan verseker dat hulle  gegewens nie in gedrang gekom het nie.

Die tiener staar ernstige vervolging in die gesig en sal gedurende September in Melbourne se hof verhoor word.

Intussen het die Apple maatskappy se woordvoerder in San Francisco gevra dat die tienerseun se ongemagtigde toegang aan die Amerikaanse Federale Buro vir Ondersoeke (FBI) bekend gemaak vir moontlike opvolging.

Onlangs het die hoof van Apple gesê elke kliënt het die reg om van maatskappye te verwag om hulle persoonlike besonderhede as vertroulik te bewaar, en sekere instansies gekritiseer omdat die besonderhede van hulle kliënte nie voldoende beveilig word nie.