Switserland verbied diesel motors

Die owerheid in Switserland het ’n verbod geplaas op diesel motors waarvan die koolstof gasse gemanipuleer is deur die vervaardiger.

Enige dieselvoertuig wat in die kategorie is, moet deur ’n gemagtigde handelaar nagegaan word alvorens die voertuig weer in gebruik geneem mag word.

Die verkeersowerheid sê in ’n verklaring dat dieselvoertuie wat afwyk van die standaard vereistes, nie langer welkom is op die paaie van Switserland nie.

Die dieselmotors wat uitgewys is, is ondermeer Mercedes-Benz, Porsche, en Volkswagen.

Die maatreël volg nadat die wereld in opstand gekom het teen Volkswagen se dieselmotors waarvan die sagteware gemanipuleer is.

Later het ’n Duitse instansie bewys gelewer dat dieselmotors oor die algemeen foutiewe gegewens verstrek oor die besoedelingsvlak wat vrygestel word in die uitlaatgasse.

In sekere stede van Europa is ’n verbod geplaas op dieselmotors, maar die maatreël sal eers oor twee jaar van krag word om motoriste geleentheid te gee om ontslae te raak van hulle voertuie.