Sweedse regering kan verkiesing oorleef

Sweedse kiesers gaan op 9 September na die stembus om ’n nuwe regering te kies wat die land se 10 miljoen inwoners sal lei, maar of die ander partye daarin gaan slaag om die Demokrate uit die kussings te lig, word betwyfel.

Alhoewel die swaard van nasionalistiese, of populistiese magte oor die regering hang, is meningsvormers van oordeel dat die kiesers weer vir die links-gematigde Demokrate sal stem om die volgende termyn te regeer.

Die Demokrate is egter bekommerd oor die feit dat die nasionalistiese party ’n sterk vertoning kan lewer aangesien die jongste peiling toon dat hulle kort duskant 30% van die steun kan geniet.

’n Verdere kommer is dat ’n nasionalistiese regering die verhouding met die Europese Unie kan vertroebel aangesien die konserwatiewe leiers dit onomwonde stel dat hulle nie ’n goeie verhouding met die EU voorsien nie.

Die links-gematigde Demokrate is tans in koalisie met ’n kleiner party wat waarskynlik swakker sal vertoon weens sy breë beleid, asook sy begeerte oor toelating van meer  immigrante.

Die peilings toon egter dat die Demokrate ’n 21% steun het, en sy koalisie vennoot sowat 12%, wat ’n skraal meerderheid beteken vir die volgende termyn.