Sweedse kroonjuwele gesteel

In die helder daglig het twee professionele diewe in Swede die Kroonjuwele gesteel nadat hulle ingebreek het by ’n katedraal waar dit agter glas gesit is om vertoon te word.

Die twee diewe het met die juwele op die vlug geslaan na die see waar hulle in ’n boot weggevaar het na ’n onbekende bestemming.

Die polisie in Swede sê hulle is besig om jag te maak op die diewe wat in die Strängnäs Katedraal ingebreek het en twee goue krone wat vroeër deur die koning en koningin  gedra is by spesiale geleenthede.

Die krone en staf wat weg is, is die simbole van die keiserlike gesag en was in die katedraal wat oopgestel sou word vir besoekers.

’n Ooggetuie sê hy het die klein wit boot gesien en ook waargeneem hoe die twee diewe in die boot spring waar dit in die naby geleë meer gewag het.

Die een kroon het aan Koningin Christina behoort en die ander een aan die Sweedse Koning Charles IX wat in die 17 de eeu regeer het in Swede.

Die juwele, gemaak van goud met ingelegde pêrels en ander kosbare juwele word as een van die onvervangbare kultuur skatte van Swede bewaar.