Staatsprokureurs steel R80 miljard

Ondersoek deur die Spesiale Ondersoek Eenheid toon dat staatsprokureurs doelbewus met privaat prokureurs saamgesweer het om sake te kelder en so die staat bedrieglik met R80 miljard ingedoen het.

‘n Geval van ‘n sogenaamde besnydenis wat verkeerd geloop het, het gelei tot ‘n eis van R70 miljoen teen die Departement van Gesondheid.