Spanje en Portugal kreun van hitte

Daar is reds plekke in Portugal en Spanje waar die kwik verby die 44 grade Celsius gestyg het, maar wat slegs maar die begin van erge hitte is wat die week op die mense wag.

Die erge hitte wat reeds ernstige skade in die landbou veroorsaak het, gaan in die volgende paar dae verder styg om nog meer skade aan gewasse te doen en diere saam met die mense beproef.

Weerburo’s sê die kwik gaan styg tot 47 grade Celsius, en daar kan gebiede wees waar die kwik tot na aan 50 grade Celsius kan kom, en ’n moordende uitwerking sal hê op plant, dier en mens.

Sou die temperatuur wel so drasties styg, sal dit ’n algehele rekord wees vir Sppanje en Portugal wat die afgelope week ’n erge hittegolf moes trotseer.

In sekere gebiede van Spanje was daar laas in 1976 so ’n lang tyd van versengende hitte en mense sê hulle weet nie of hulle ’n hittegolf van bykans 50 grade Celsius kan oorleef nie, wat staan nog die diere in die ope veld.